Die 63-jarige akteur het met die tydskrif Esquire gesels om vir die TV-reeks The Son voorbrand te maak. In die western speel hy Eli McCullough, hoof van ’n veeryk wat sukkel met die langdurige uitwerking daarvan dat hy sonder ’n pa grootgeword het.

En dis iets waarby Pierce kan aanklank vind, want sy pa, Thomas, het sy gesin verlaat toe die akteur nog ’n baba was. Pierce het by familie gewoon nadat sy ma, May, vir werk van Ierland na Londen getrek het.

...don't step on my blue suede shoes...

A post shared by Pierce Brosnan (@piercebrosnanofficial) on

Hy het aan Esquire gesê hy het sy pa net een keer ontmoet: terwyl hy ’n episode van sy treffer-televisiereeks, Remington Steele, in Ierland geskiet het toe hy 31 was. “Ek het ’n Sondagmiddag saam met hom deurgebring . . . (Ons het) ’n storie oor dit en dat gedeel, ’n paar pinte Guinness gedrink en tot siens gesê,” het Pierce aan die tydskrif vertel. “Ek sou hom graag wou geken het. Hy was ’n goeie fluiter en het ’n goeie stap gehad . . . Dis al wat ek van hom weet.”

Die afwesigheid van sy pa het beteken Pierce het nie juis ’n voorbeeld gehad van hoe om ’n ouer te wees nie. Hy was wel daar vir sy en wyle Cassandra Harris se seuns, Chris (44) en Sean (33), en Dylan (20) en die 16-jarige Paris, sy kinders by sy tweede vrou, Keely Shaye Smith (53).
“Ek weet hoe dit is om seuns groot te maak,” het hy bygevoeg. “Dit kan ’n baie moeilike pad wees . . . My vaderlike instinkte is suiwer my eie. Dit strek na niemand terug nie, want daar was niemand nie.” Terwyl Pierce steeds een van die suksesvolste akteurs ter wêreld is, was sy persoonlike lewe onstuimig.

On this day January 1995 ...James Bond ..."Goldeneye"

A post shared by Pierce Brosnan (@piercebrosnanofficial) on

Cassandra en Charlotte, Cassandra se dogter wat Pierce tydens hul huwelik aangeneem het, en sy jare lange vervaardigingsvennoot Beau Marie St. Clair is almal weens eierstokkanker dood.

Die voormalige James Bond-akteur erken hy sukkel daagliks met die tragiese verlies.

“Ek sien nie die glas as half vol nie, glo my,” sê hy. “Die donker, melancholiese Ierse swart hond sit van tyd tot tyd langs my.”

© Cover Media