• Lewer 500 ml (2k)

Jy benodig:

  • 5 ml (1 t) ongesoute botter
  • 100 g gebeukte biefstuk (tenderised steak), in blokkies gesny
  • 250 ml (1 k) hoenderaftreksel
  • 100 g botterskorsie, geskil, pitte verwyder en in blokkies gesny
  • 100 g aartappels, geskil en in blokkies gesny
  • 50 g spinasie, gewas

Maak so:

Smelt die botter oor lae hitte in ’n braaipan en braai die vleis liggies bruin. Voeg die hoenderaftreksel by en prut vir sowat 45 minute of tot die vleis sag is.  Stoom intussen die botterskorsie en aartappel vir 15 minute tot sag. Voeg die spinasie heel laaste aan die einde van die stoomtyd by – wanneer daar sowat 2 minute stoomtyd oor is. Plaas die vleis en groente in ’n voedselverwerker en verwerk tot ’n gladde puree. Dit wat oorbly, kan in ysbakkies gevries word vir latere gebruik.

  • Hierdie resep kom van Maaltye sonder moeite deur Debbie Wareham en Kim Jurgens. Klik hier vir nog inligting oor hierdie nuttige resepteboek.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.