Die meganiese ingenieur wat daarvan aangekla is dat hy twee jaar gelede ses drawwers met sy sportnutsmotor in Midrand doodgery het, is 12 jaar tronk toe gestuur, het The gister berig.

Volgens die koerant het Sibusiso Langa (47) nie veel emosie getoon toe regter Bert Bam hom in die hooggeregshof in Pretoria vonnis nie.

Die regter het ook gelas dat Langa se rybewys ingetrek word.

The Star het berig dat Bam gesê het ware berou sou Langa se saak bevoordeel het.

Langa is Woensdag gevonnis. -Sapa