[caption id="attachment_132382" align="alignnone" width="600"]Foto: Kensington Paleis Foto: Kensington Paleis[/caption]

Op die foto lyk dit of die driejarige besig is om die gesin se swart spaniel roomys te voer – iets wat natuurlik glad nie goed is vir die brakkie se spysverteringstelsel nie.

Die Verenigde Koninkryk se diereregtegroep, die RSPCA, het hulle bekommernis oor die foto, wat saam met drie ander foto’s uitgereik is ter viering van die kleinding se verjaardag, uitgespreek.

Lees ook: Prins George: Van vloermoer tot vreugde met vlerke

“Dit is wonderlik dat Prins George probeer om sy gesin se hond, Lupo, probeer afkoel in hierdie hoë temperature,” lui die verklaring.

[caption id="attachment_132383" align="alignnone" width="616"]Foto: Kensington Paleis Foto: Kensington Paleis[/caption]

“Ons raai mense egter aan om versigting te wees wanneer hulle aan hul honde kos wat eintlik vir mense bedoel is, gee. Produkte soos sjokolade kan hoogs gevaarlik wees vir honde en suiwelprodukte kan moeilik wees om te verteer.”

Lees ook: Skattige prins George het ereplek op koningin Elizabeth se amptelike foto’s vir haar 90ste verjaardag

“Pleks van roomys stel ons voor jy maak ’n ysie van troeteldiervriendelike bestanddele. Om hierdie te maak kan groot pret wees vir kinders en die eindproduk is veilig en iets wat die honde kan geniet.”

[caption id="attachment_132384" align="alignnone" width="600"]Foto: Kensington Paleis Foto: Kensington Paleis[/caption]

Kritici in sosiale media was heelwat minder diplomaties oor die omstrede foto.

Een gebruiker het die prinsie as ’n “monarchistiese monster” bestempel, terwyl ’n ander uitgevaar het hy behoort in die “tronk gesmyt te word”, het die MailOnline berig.

Volgens The Gaurdian wou die Kensington Paleis nie kommentaar lewer oor die foto nie.

[caption id="attachment_132385" align="alignnone" width="607"]Foto: Kensington Paleis Foto: Kensington Paleis[/caption]

Hier is kossoorte wat jy beslis nie aan jou viervoetige vriende moet voer nie

Volgens die Canine Journal, sal sommige van die kossoorte hieronder nie met jou brakkie se verteringstelsel akkordeer nie of kan hulle laat verstik. Ander (soos alkohol, druiwe en makadamianeute) is giftig.

• Alkohol

• Avocado

• Babakos

• Gekookte bone

• Koffie

• Druiwe en rosyne

• Makadamianeute

• Melk en ander suiwelprodukte

• Sampioene

• Perskes en pruime

• Suiker

• Sout

• Xylitol

• Gis (op sy eie of in deeg)

Bronne: The Guardian, Mashable, MailOnline, SkyNews, CanineJournal