Volstruisvleis is gesonder as gewone rooivleis. Beproef gerus hierdie resep.

ostrich-meatballs

Bestanddele:

Sowat 500g Checkers Ostrich Co. volstruismaalvleis

1 ui

Knoffel

Gemengde kruie

Sout

Peper

3 sakkies tamatiepasta

1 kan rooibone

Vars rissies, na smaak

4 aartappels

Botter

½ koppie melk

Sny die knoffel, ui en rissies fyn. Werk die gemengde kruie deur die maalvleis en maak die bone fyn en voeg by die maalvleis.

Voeg die res van die bestanddele by.

Meng al die bestanddele goed met die hand en rol die mengsel in individuele balle.

Braai in ’n pan tot gaar.

Maak kapokaartappels deur fyngesnyde aartappel in ’n pot kookwater tot sag te kook. Voeg ’n knippie sout by. Wanneer die aartappels sag is, dreineer die water en voeg botter en ’n halwe koppie melk by.

Meng goed met vurk.

Resep: Your Little Blog en Jaun Laubscher

Foto: Vörsprung Studio

Vir hierdie en ander resepte, besoek Checkers.