Is die borsgleuf geskiedenis? Dit wat die modebybel Vogue in ’n Twitter-peiling wou weet.

Die aanlyn meningsopname was ’n lusmakertjie vir , hul Desember-storie wat kyk na “wat het van die borsgleuf geword?”

“Die tepels gaan nie vir die kêrels uithang nie; trouens vir niemand nie,” verklaar die skryfster Kathleen Baird-Murray onder die opskrif “Desperately Seeking Cleavage”.

Die artikel “sal die voor- en nadele bekyk van mode wat suiwer op die boesem konsentreer, en dit ondersoek die maniere waarop vroue, van Eva Herzigova, die oudmodel van ‘Hello Boys’ Wonderbra tot die selfie-ster Emily Ratajkowski, die borsgleuf benader.”

[caption id="attachment_162221" align="alignnone" width="491"]The article will look at how "selfie star Emily Ratajkowski approach the cleavage". PHOTO: Instagram Foto: Instagram[/caption]
Die meningspeiling is glad nie goed ontvang nie; trouens, die tydskrif word beskou as net nog ’n manier van die massamedia om “die vroulike liggaam te polisieer”. "Hoewel dit nie oor groot teenoor klein borste gaan nie, hou dit steeds aan om polisieman oor vroue se lyf te speel. Dit moet nou end kry,” was gebruiker @ausher8 se kommentaar.
Hoewel een of twee vroue die nuwe “neiging” gesteun het, het die meeste Vogue daarvan beskuldig dat hulle vroue met groter borste ’n onreg aandoen.

Van die 32 108 stemme meen tweede derdes “as jy dit het, wys dit”, ’n vyfde sê “dit hang van die uitrusting af” en die oorblywende sowat ’n tiende stem saam die “borsgleuf is geskiedenis”.

Wat dink jy van die onderwerp? Sê jou sê op ons Facebook-bladsy.