Jare lank was ruimtevaarders die enigstes met die voorreg om die aarde van ver te kan beskou, maar danksy nuwe tegnologie deur die Amerikaanse ruimte-agentskap Nasa kan jy ook nou sien hoe die aarde uit die ruimte lyk.

Hulle het ’n regstreekse video-uitsending van die aarde bekendgestel sodat Jan Alleman ook kan sien hoe ons blou planeet vanuit die verte lyk.

Vier gespesialiseerde kameras is aan Nasa se Internasionale Ruimtestasie gekoppel en stuur die regstreekse beeldopnames terug na die aarde.

Besoek ustream.tv/channel/iss-hdev-payload as jy self wil gaan loer.

Mieke Vlok

Bron: nasa.gov