As julle ver van mekaar af bly (of jy kan dit nie verdra om vir ’n paar uur van jou geliefde geskei te wees nie), sal dit die volmaakte trouring vir jou wees. Dit kan moontlik vir baie paartjies moeilik wees om ’n romanse aan die gang te hou oor ’n afstand en met minimale fisieke kontak, maar die tegnologiemaatskappy The Touch het met ’n slim stukkie gereedskap vorendag gekom wat moontlik sou kon help – ’n ring wat jou in staat stel om jou geliefde se hartklop te voel en sien.

Volgens die webwerf The Touch is dit geïnspireer deur Vena amoris, Latyn vir “aar van liefde”. Dit is die tradisionele naam vir wanneer ’n mens glo dié aar loop regstreeks van die vierde vinger van die linkerhand tot by die hart.
Volgens hul webtuiste moet die gebruiker “bloot aan die ring raak om kontak te maak en dan kan hulle werklik die ander mens se polsslag voel”. Die ring, 3,9 mm dik en 12,1 mm breed, gebruik ’n app, Bluetooth of jou selfoon se internetaansluiting om die hartklop oor te dra.
Die unieke stuk juweliersware, wat in gitswart of roosgoud te kry is, word van vlekvrye staal en beskermende kristalsaffier gemaak, wat krapmerke en ander skade voorkom.

Die ringe kan vooraf bestel word op The Touch se webtuiste.

Sou jy graag op hierdie manier met jou geliefde in verbinding wou wees? Sê jou sê op ons Facebook-blad.

Bronne: Huffingtonpost.com,TheTouchx.com , BoredPanda.com