Die voorsitter van die VN se algemene vergadering het ’n foto van hom getwiet waar hy poseer met ’n man wat voorgee om U2 se Bono te wees. Hy het gedink dis die sanger self, maar dit is toe eintlik ’n man wat werk as sy professionele ewebeeld!

Vuk Jeremic was in die verleentheid nadat hy die foto op Twitter geplaas, want hy het gou besef die man is eintlik Pavel Sfera toe verbruikers op die sosiale netwerk sy identiteit verklap. “Ek het gedink dis Bono,” het Vuk gesê.

Die sakevrou Sanela Jenkins het die plaaslike media oor die Serwiese politikus se blaps vertel nadat sy met die regte Bono gepraat het.