Jou bagasie is veilig in die kajuit bo jou en jy maak jou gemaklik in ry E, sitplek 4. Jy sit agteroor en maak gereed vir ’n lang vlug. Wanneer Lion King se temalied begin, weet jy jy is amper in droomland.

Maar droom jy regtig? Die passasiers op ’n vlug van Brisbane na Sydney was wawyd wakker!

.

Kyk hier na die video:

Blykbaar het passasiers én kajuitpersoneel dié verrassing geniet.

Tydens ’n herdenking van Indië se onafhanklikheid het dié kajuitspan hul passasiers vermaak met Indiese danse in die gangetjies:

Toe ’n vlug met lede van die Philadelphia-orkes daarop drie uur op die aanloopbaan vertraag word, het dié musikante eenvoudig hul instrumente uitgepluk en ’n spontane vertoning gelewer:

Dansers wat saam met Kanye West op toer was, het op die maat van een van sy liedjies begin dans tydens ’n vlug op hul Australiese toer. Kyk net hoe verbaas lyk die passasiers: