Me. Qiu (80) het by die Pudong Internasionale Lughawe in Oos-China se Sjanghai-munisipaliteit ’n vlug gehaal. Ander passasiers het gesien hoe sy munte na die linkerenjin gooi. 

Sowat 150 passasiers was reeds aan boord van die Airbus 320 om om 12:40 te vertrek na Guangzhou, hoofstad van die suidelike provinsie Guangdong. Hulle moes egter afklim terwyl ’n volledige veiligheidsinspeksie uitgevoer is. 

Lughawe personeel bekyk die enjin vir munte Foto's: Magazine Features

Dit het werktuigkundiges ongeveer vyf uur geneem om dele van die enjin uitmekaar te haal om die munte uit te vis.

Een is in die enjin gekry en nog agt daar naby. Die totale waarde van die geldstukke was R3,25.

Die ondersoekers sê Qiu het geen geestesprobleme en hulle het vandalisme uitgeskakel, want sy het geen misdaadrekord nie.

Die munte wat uit die vliegtuig se enjin verwyder is.

Ooggetuies vertel Qui, ’n Boeddhis, het die munte in die enjin gegooi om “vir ’n veilige vlug te wens”. 

China Southern Airlines het in ’n latere verklaring gesê Qiu is ondervra. Die vlug het ná veiligheidstoetse vertrek en eindelik by sy bestemming aangekom. 

Die lugdiens het gesê hy verbied enige gedrag wat die veiligheid van sy passasiers bedreig, maar nie gesê of Qui verbied gaan word om weer van hul dienste gebruik te maak nie. Die voorval word verder ondersoek.