Arno Jordaan is die jongste kunstenaar wie se lewe deur ‘n vertraagde vlug van 1 Time moeilik gemaak is.

Arno en sy verloofde, Lizanie Pohl, se vlug van Johannesburg na Kaapstad is Maandagoggend met twee ure vertraag. Toe hulle uiteindelik in Kaapstad land hoor hulle hul tasse lê saam met 45 ander passasiers s’n in Johannesburg.

“Dis absoluut belaglik,” het Arno uit Kaapstad gesê. “Ons moes vir ons ander klere gaan koop, want ons was op pad om Neil Diamond se vertoning gisteraand te gaan kyk.”

En hy gaan beslis nie self daardie rekening betaal nie, het Arno stoom afgeblaas.

Het jy onlangs ‘n bloutjie met ‘n lugredery geloop?