Die vliegtuig, met meer as 180 mense aan boord, het kort te vore deur ’n vreeslike storm gevlieg. Sowat 260 km vanaf Hongkong het albei die enjins skielik krag verloor.

Die vliegtuig het eensklaps byna 4 km getuimel. Gelukkig het een van die enjins “byna dadelik” weer normal begin funksioneer, het ’n woordvoerder vir die lugdiens gesê.

Die vlieënier moes omtrent spook om die ander enjin weer aan die gang te kry, maar was gelukkig suksesvol.

Die vlug het sonder nog voorvalle in Sjanghai geland. Werktuigkundiges daar het die vliegtuig ondersoek, maar kon vreemd genoeg geen ooglopende oorsaak vir die verlies van krag in die twee enjins vind nie.

Ná ’n vertraging van ’n paar uur het die Airbus opgestyg en teruggevlieg na Singapoer.

Lugmagowerhede hier gaan die voorval deeglik ondersoek.

Bronne: Mirror.co.uk; CNN.com