Die vermiste Malaysia Airlines-vliegtuig het in die Indiese Oseaan neergestort, het die Maleisiese eerste minister, Najib Razak, Maandag gesê.

Die lugredery het na bewering die passasiers se naasbestaandes laat weet dat die vliegtuig neergestort het en dat daar geen oorlewendes was nie.

“Dit is met ’n swaar hart dat ek julle in kennis moet stel dat, volgens hierdie nuwe data, vlug MH370 sy einde in die indiese oseaan tegemoetgekom het,” het Najib van nuwe satellietdata in ’n perskonferensie aangehaal.

- Sapa