’n Vlug vanaf Seattle na Los Angeles in die VSA moes gister inderhaas terugdraai toe die loods en sommige van die passasiers ’n onnatuurlike geklap en gestamp vanuit die vliegtuig se laairuim hoor.

Die Alaska Airlines-loods het besluit om’n prioriteitslanding te versoek om veiligheidsredes. Hy het toe die vliegtuig teruggedraai na Seattle in die deelstaat Washington van waar dit skaars ’n kwartier vantevore opgestyg het. Daar kry lughawepersoneel toe ’n man wat binne die laairuim vasgekeer was.

Hy hou vol hy het aan die slaap geraak terwyl hy besig was om bagasie daarin te laai.

Hy hou vol hy het aan die slaap geraak terwyl hy besig was om bagasie daarin te laai.

Hy was ongedeerd, want gelukkig word die laairuim van passasiersvliegtuie se temperatuur en lugdruk aangepas omdat diere ook gereeld daarin vervoer word.

Daar was 170 passasiers en bemanningslede aan boord. Dit het eindelik meer as ’n uur later weer opgestyg.

Bronne: CNN; Fox News