“Dit is as gevolg van warm vog wat van die noordelike streek soos Botswana inkom,” het die voorspeller Bransby Bulo gesê.

Die provinsies wat geraak sal word, sluit in Gauteng, Limpopo, Mpumalanga en die Noordwes.

Reën kan ook in die Vrystaat en Kwazulu-Natal verwag word, het Bransby gesê. Daar is ’n 60-persent-kans vir donderbuie Vrydag en Saterdag, terwyl dit tot 80 persent sal toeneem van Sondag tot Dinsdag.

“Die donderstorms sal na verwagting Vrydagmiddag begin, veral in Gauteng.”

Die woordvoerder vir die Gautengse nooddienste, Nana Radebe, het vanoggend gesê daar is oornag geen nuwe vloedverwante voorvalle in Johannesburg aangemeld nie.

Volgens Johan Pieterse, die woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, is sommige laagliggende brûe in Tshwane gesluit as gevolg van vloede in die area. “ Ons sal die watervlakke deurentyd dophou,” het hy gesê.

Motoriste is aanbeveel om laagliggende brûe te vermy en alternatiewe roetes te soek as hulle in reënerige weerstoestande ry. Johan het ook gevra dat motoriste geduldig sal bly op die paaie, hul hoofligte aanskakel en dit vermy om te bestuur (indien moontlik). -Sapa

Ry so op nat paaie