Hy het beweer hy het gedink die deur lei na die badkmer.

James Gray het aan The Telegraph gesê hy het op 30 000 voet aan die deurhandvatsel geraak en toe is hy, nadat die vliegtuig geland het, van die vliegtuig af begelei, oornag aangehou en met €600 ($674) beboet. Hy het voorts gesê KLM het hom vir vyf jaar verbied om die redery te gebruik en dit het hom gedwing om sy terugvlug by 'n ander redery te bespreek.

KLM het slegs gesê dat hulle 'n passasier weens “wangedrag” aan die owerhede oorhandig het.

Gray hou vol dit was slegs 'n groot misverstand en sê hy sou nooit met opset probeer om 'n vliegtuigdeur oop te maak nie.

Bronne: Time, The Telegraph