Dit het Maandag behoorlik op sosiale media gegons toe berig word dat ’n SA Airlink-vliegtuig tydens ’n binnelandse vlug gekaap is. So het die nuus op Twitter gebreek:

Ongeloof, verstomming en die mens se onversadigbare dors na meer inligting het dit gou gesorg dat die nuus soos ’n weghol-veldbrand op sosiale media versprei het.
Party het dit selfs as “vreemde nuus” afgemaak.
Ander het gewonder of dit dalk ’n terroriste-aanval was.
Intussen is berig dat die vliegtuig wel op Wonderboom geland het.
Dié nuus is gevolg deur gerugte dat twee verdagtes in hegtenis geneem is.
Daar staan sy, die veelbesproke vliegtuig op die aanloopbaan by Wonderboom-lughawe.
Van die moontlikhede wat geopper word, is dalk ’n foutiewe radarsein wat deur die vliegtuig gestuur is.
En dan, die goeie nuus!
Een van die passasiers, die akteur en skrywer Roelof Storm, het bevestig dat dit nie gekaap was nie.
Volgens wat deur die Pretoria North Record berig word, was die vliegtuig genoodsaak om te land as gevolg van ’n passasier wat buite beheer was. Tswane Metro se woordvoerder, Blessing Manale, het aangedui dat die situasie onder beheer is en dat gerugte van ’n kaping onwaar is. “Dit was bloot ’n kwessie van ’n buite-beheer passasier wat bedwing moes word.”