Volgens Beeld.com was twee vlieëniers en een passasier aan boord en die vliegtuig was vermoedelik van die Randse lughawe na Lanseria onderweg om passasiers vir 'n huurvlug op te laai.

Ooggetuies het aan EWN gesê rook het by die vliegtuig uitgetrek voordat dit net langs die aanloopbaan neergestort het.

Dit blyk dat die weer tydens die ongeluk besonder sleg was, met die wolke laag bo die grond.

Die name van die insittendes en die eienaar van die vliegtuig is nog onbekend.

Bronne: Beeld.com, EWN