Soos vele kere tevore het Forest Pullman en ’n vroulike passassier bo Pattaya in Thailand uit ’n vliegtuig gespring.

Maar pleks van aanhou reguit vlieg, het dit geduik. Die vliegtuig het die twee met meters gemis en hul remvalskerm drogue chute gekap.

Forest het die volgende byskrif by die video gevoeg: “Ná ’n doodgewone uitsprong het die vlieënier die vliegtuig 180 grade reg na my en my tandempassassier laat duik. Hoe het ons so gelukkig geraak? Nie seker nie.”

“Ek het nog nooit gehoor dat die gebeur nie,” sê hy.