Die ligte vliegtuig wat Woensdag in Wattvile, Benoni geval het, was net vir drie minute in die lug voor dit geval en al drie mense aanboord dood is, volgens paramedici.

Die vliegtuig het om 11:15 van die Brakpan Airfield opgestyg en was onderweg na Mokgopong in Limpopo, het William Ntladi, ’n woordvoerder van Ekurhuleni EMS, gesê. ’n Waarskuwing is om 11:18 uitgereik dat die vliegtuig geval het.

“Die oorsaak van die ongeluk is onbekend,” sê William. Die ligte vliegtuig het geval in ’n park waar plaaslike kinders gewoonlik smiddae netbal en sokker speel. Die veld was so te sê leeg omdat die kinders toe nog in die skool was.

Lees ook: 3 sterf glo ná ligte vliegtuig in Gauteng neerstort Die vliegtuig het neergestort en in vlamme uitgebars. ’n Groep seuns wat naby die park was, het emmers waters na die toneel gevat waar hulle die vlamme probeer blus en drie passasiers – ’n Oostenrykste paartjie in hul sestigs en die vlieënier van min of meer dieselfde ouderdom – probeer red het. Al drie is egter op die toneel dood. Deel van vliegtuig tref plakkershut ’n Stuk van die vlerk het op ’n plakkershut by ’n nabye huis beland. Die impak het een kant van die plakkershut oopgebreek. Daar was gelukkig niemand binne ten tyde van die ongeluk nie.

Die vliegtuig het onderstebo langs ’n netbalpaal op die veld gelê. Daar het ’n sak en paar tekkies op die toneel gelê en die passassiersitplekke was buite die vliegtuig. Teen laatmidaag het ’n groep nuuskierige kinders saamgedrom en wou weet wat gebeur het. Plaaslike inwoners het foto’s op hul selfone geneem. Video: Skrikwekkende oomblik toe sterk wind vliegtuig verhoed om te land Nokuthula Zulu het aan News24 vertel sy’t net by haar agterplaas uitgekom en het onder ’n boom in die veld gesit toe sy sien hoe een van die vlerke haar suster se plakkershut se dak tref. “Ek het die gesien hoe die vliegtuig van heen en weer swaai en reguit op my afgevlieg kom. Toe ek probeer opstaan, het dit reguit op my afgevlieg gekom. Ek het op die grond neergeval.”

Sy het toe weer opgestaan en by die agterplaas ingehardloop en enkele sekondes later het dit in die veld neergestort en aan die brand geslaan. William sê dit lyk of skrapnel van die vliegtuig die plakkershut getref het.

Die eienaar van die plakkershut, Cebisile Zulu, het gesê stadsraadbeamptes het haar intussen ingelig dat hulle haar plakkershut sal regmaak. “Ek hoop hulle doen dit wel want ons het nêrens anders om te slaap nie,” sê die ma van twee.

Bron: News24