’n Boeing 737-400 van DHL-koeriers het letterlik sy neus in die pad van verkeer gesteek toe dit oor die aanloopbaan van Bergamo se Orio al Serio Internasionale lughawe geskiet het.
Ongure weer was vermoedelik deels verantwoordelik vir die dramatiese verkeersknoop wat sowat twee ure lank geduur het.
Na wat berig word, is niemand in die voorval beseer nie. Verskeie vlugte is as gevolg van die voorval geherskeduleer.

Dit is egter onseker hoe ernstig die voorval die afleweringstydperk van items wat die vlug was, sal raak.

Bronne: rt.com, msn.com, edition.cnn.com