'n Maleisiese passasiersvliegtuig met 295 mense aan boord het in die Oekraïne neergestort.

Die vliegtuig, wat van Amsterdam na Kuala Lumpur onderweg was, het vermoedelik naby die Oekraïne se grens met Rusland, waar pro-Russiese rebelle en regeringsmagte oorlog voer, neergestort.

Volgens berige is die vliegtuig waarskynlik afgeskiet.

Malaysia Airlines het op hul amptelike Facebook- en Twitterprofiel bevestig hulle het kontak verloor met vlug MH17.

Bronne: Sapa/Sky News