’n Passasiersvliegtuig wat van Barcelona na Düsseldorf onderweg was, het na bewering in Frankryk neergestort. Die Airbus A320, vermoedelik van die German Wings-lugdiens, het in die suidelike deel van die Franse Alpe geval, het ’n bron vir AFP gesê. Reuters berig die vliegtuig is van die laekoste-lugredery Germanwings, wat deur Lufthansa besit word. Minstens 142 passasiers en ses bemanningslede is aan boord.

Bronne: Twitter, Sky News, Reuters, Huffington Post