’n Ligtevliegtuig het Dinsdag omstreeks 15:30 begin brand nadat dit glo ’n noodlanding by die Lanseria-lughawe aan die buitewyke van Johannesburg moes doen. Luidens berigte het drie mense brandwonde en ander ernstige beserings opgedoen.

Twee van die drie slagoffers is op die toneel behandel voor hulle na ’n trauma-brandeenheid in Johannesburg geneem is.

Ekstra bron: arrivealive.co.za