Dit is presies wat met ’n familie van Plainville in die Amerikaanse deelstaat Massachusetts gebeur het.

Al drie insittendes van die ligte Beechcraft-vliegtuig is dood toe dit uit die lug tot bo-op die huis geval en in vlamme uitgebars het.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

Gelukkig is niemand in die huis dood nie. Die familie, waarvan nog net hul van – Rice – bekend is, het daarin geslaag om uit die huis te hardloop voordat vlamme die grootste deel daarvan vewoes het.

Die voorval het laat Sondagmiddag plaasgevind. ’n Buurman het vertel hy het gehoor die vliegtuig ervaar enjinprobleme kort voor dit neergestort het.

Volgens lugmagowerhede het die vliegtuig opgestyg vanaf Lancaster in Pennsilvanië en was onderweg na Norwood Memorial-lughawe in Massachusetts, sowat 20 minute vanwaar dit neergestort het.

Die identiteit van die oorledenes is nog nie bekend nie.

Bronne: Boston Globe; The Sun Chronicle