Die eienaar van die plaas het die brandweer gekontak toe hy rondom 08:00 Saterdagoggend ’n harde ontploffing gehoor het.

ER24 skryf in ’n verklaring paramedici kon niks vir die vlieënier mee doen toe hulle op die toneel aankom nie aangesien hy doodgebrand het.

Plaaslike wetstoepassers was ook op die toneel om ondersoek na die voorval in te stel. Volgens berigte was die vlieënier alleen in die vliegtuig.