Die Duitse poniekoerant Bild het Vrydag berig dat Lubitz, wat blykbaar opsetlik die vliegtuig met 149 mense aan boord in die Franse Alpe laat val het, ses jaar gelede sielkundige behandeling ontvang het vir ’n “ernstige depressiewe episode”.

Nadat hulle na die stuurkajuit se stemopnemers geluister het, kan aanklaers in Frankryk geen motief verskaf waarom Andreas Lubitz (27) die kontrole van die Airbus A320 oorgeneem het, die kaptein uit die kajuit gesluit en doelbewus die vliegtuig vanaf sy kruishoogte van ongeveer 914 m per minuut laat val het nie.

Lufthansa se uitvoerende hoof, Carsten Spohr, het Donderdag aan ’n nuuskonferensie gesê dat Andreas ses jaar gelede ’n breek gevat het van sy opleiding, maar het nie verduidelik waarom nie en het gesê dat hy al die toetse slaag en is geskik om te vlieg.

Volgens interne dokumente en bronne van Lufthansa, het Bild gesê dat Andreas ’n totaal van een-en-’n-half jaar in sielkundige behandeling spandeer het en dat die relevante dokumente aan Franse ondersoekers gegee sal word sodat dit deur Duitse owerhede ondersoek kan word.

“Ses jaar gelede was daar ’n lang onderbreking in sy opleiding. Nadat hy opgeklaar het, het hy sy opleiding hervat. Hy het al die volgende toetse en kontrole met vlieënde vaandels geslaag. Sy vliegvermoëns was foutloos,” het Spohr gesê.

Bronne: Bild, BBC, Reuters