ER24-paramedici en brandweerdienste het die wrak in die bosse gevind. Dit wil voorkom asof die vliegtuig die grond getref en ’n redelike entjie grondlangs voortgebeur het. Wrakstukke op die toneel het tot hierdie gevolgtrekking aanleiding gegee.

Die vlieënier se liggaam, met verskeie noodlottige beserings, is ver van die wrak gevind.

Midrand

In nog ’n voorval het twee mense met geringe beserings oorleef nadat die ligte vliegtuig waarin hulle gevlieg het Woensdagoggend om vieruur by Midrand neergestort het. Die vliegtuig is onderstebo in die veld gevind. Albei insittendes is na die Sunninghill-hospitaal geneem vir behandeling.
Die vliegtuig is onderstebo in die veld gevind. Albei insittendes is na die Sunninghill-hospitaal geneem vir behandeling.

Die oorsaak van die twee ongelukke is nog nie bekend nie.

Bronne: er24.co.za, news24.co.za