Hulle het kort ná opstyging sowat 1 km van die vliegveld in Pretoria-Oos af neergestort, sê Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911.

Provinsiale nooddienswerkers het kardiopulmonêre resussitasie toegepas om die man te probeer bybring, maar hy is ná 45 minute dood verklaar.

Die lugvaart-owerheid ondersoek die oorsaak van die ongeluk. Dit was die derde vliegtuigongeluk in twee dae.

Lees ook: Vlieënier sterf, wrakstukke wyd verspreid gevind ná vliegtuig naby Mosselbaai neerstort

Twee mense het met geringe beserings ontkom nadat hul ligte vliegtuig Woensdagoggend in Midrand neergestort het. Die vliegtuig is onderstebo in ’n veld naby die plaaslike lughawe aangetref.

Op dieselfde dag is ’n man dood toe sy ligte vliegtuig in ’n wildreservaat in Herbertsdale naby Mosselbaai in die Wes-Kaap neerstort. Die vlieënier se lyk is ’n ent van die vliegtuig af gevind.

Bron: News24

Ander stories op Huisgenoot.com

Wellington treur ná skokdood van geliefde inwoner Winnie Rust

‘Dapper’ sewejarige kap kop oop nadat hy uit bewegende trein gesuig word

Hierdie gr. 2-wiskundevraag slaan almal dronk – kan jy dit oplos?

Kyk: Omstrede swemvideo het ouers warm onder die kraag

Ontstoke ma skryf ope brief aan skoonma’s