Beamptes sê die vlieënier het die nasionale wag van Hawaii ingelig hy gaan in die Stille Oseaan neerstort weens ’n tekort aan brandstof.

Die kuswag sê hulle het ’n vliegtuig en helikopter uitgestuur om die vlieënier te begelei na die gebied waar die skip was.

Nadat die vlieënier met ’n valskerm uit die vliegtuig gespring het, het van die skip se bemanning hom uit die see gered in branders van tot 3,5 m hoog.

Die kuswag het in ’n verklaring gesê die ongeïdentifiseerde vlieënier is in ’n goeie toestand.

- Sapa