Net soos in die outyd, moet die manne in kykNET se nuwe werklikheidsreeks, Vlerksleep, eers hul potensiële nooi se familie en vriende oorhaal voor hulle die meisie op ’n romantiese afspraak kan neem.

[caption id="attachment_131375" align="alignnone" width="600"]Herman Botes was vandeesweek in die besondere posisie om een van vier dames te kies om op 'n afspraak te neem. Herman Botes was vandeesweek in die besondere posisie om een van vier dames te kies om op 'n afspraak te neem.[/caption]

Die enkellopende man wat in hierdie opwindende nuwe program liefde soek, ontmoet nie net een meisie se naaste familie en vriende nie, maar vier.

Hoewel dié gedagte senutergend kan wees vir enige man, blyk dit die vroue, wat agter die skerms skuil, was ewe senuweeagtig.

[caption id="attachment_131376" align="alignnone" width="600"]Die borrelende Shelani het hierdie week op 'n aspraak met Herman gegaan. Die borrelende Shelani het hierdie week op 'n aspraak met Herman gegaan. [/caption]

Ons het dié 27-jarige aktrise ’n bietjie gepols om te hoor of sy die man van haar drome in Herman Botes, van Kaapstad, raakgeloop het. En natuurlik hoe die romantiese afspraak tussen die twee verloop het.

1. Hoe het dit gebeur dat jy by Vlerksleep betrokke geraak het?

Dit het eintlik heel toevallig gebeur. Ek is ’n aktrise en het gedink dis die ideale kans om ’n bietjie ervaring voor die kamera op te doen. Maar ek het dit ook beskou as ’n geleentheid om nuwe mense te ontmoet; en sulke geleenthede moet ’n mens maar aangryp!

2. Wat was jou eerste gedagte toe jy Herman sien?

Hy het soos ’n ware heer gelyk en daar was net hierdie onbeskryflike iets aan hom.

3. Hoe het jy gevoel toe jy hoor hy het jou eindelik gekies?

Eerlikwaar het ek nie geweet wat om te doen nie! Ek was dankbaar, en opgewonde! Veral omdat hy ’n bedryfsielkundige is – hy moet mos ’n spesiale mens wees as hy kies om as werk mense te help om hul passie te vind!

[caption id="attachment_131378" align="alignnone" width="600"]Herman se finale keuse was tussen Shelani (regs) en Laetitia. Herman se finale keuse was tussen Shelani (regs) en Laetitia. [/caption]

4. So waaroor het jy en Laetitia (die ander meisie wat Herman gekies het oor wie jy eindelik geseëvier het) gesels terwyl julle vir Herman gewag het in Maandagaand se aflewering?

Sjoe! Oor hoe vreemd dit alles vir ons is. Maar ook soos tipiese meisies het ons geklets oor hoe ons besluit het wat ons vir die finale afspraak gaan aantrek!

5. Vertel ’n bietjie hoe jou en Herman se afspraak verloop het.

Ons het oor so baie dinge gesels; ons kon nie ophou nie! En die dinge waaroor ons gepraat het, was dinge wat saak maak – geen oppervlakkige praatjies nie. Sy werk fassineer my. Hy is baie passievol en praat vreeslik mooi. Sy energie was baie grounded en dit lyk asof hy weet wat hy in die lewe wil hê.

[caption id="attachment_131374" align="alignnone" width="600"]Shelani vertel hul afpraak het lekker verloop, maar dat Herman haar nie weer gekontak het nie. Shelani vertel hul afpraak het lekker verloop, maar dat Herman haar nie weer gekontak het nie.[/caption]

6. So, was daar ’n opvolgafspraak?

Ongelukkig het Herman nie die daad by die woord gevoeg toe hy in die program gesê het hy gaan my weer kontak nie. Maar ek is oukei daarmee dat daar nie ’n tweede afspraak was nie, want dinge aan my kant het baie besig geraak met talle projekte.

Vlerksleep word Maandae van 21:00 tot 21:30 op kykNET uitgesaai.