.

Netwerk24 berig dat altesaam 27 naweekhuise in die slag gebly het. Die brand het omstreeks 10:30 ontstaan in ’n huis ’n paar kilometer van Stonehaven on Vaal op die oewer van die Vaalrivier in Vanderbijlpark, maar aan die Vrystaat-kant van die rivier. Die brand het vermoedelik ontstaan toe 'n gasstoof aan die brand geslaan het en vlamme deur die huis versprei het. 'n Vrou is met geringe brandwonde in die hospitaal opgeneem. BRON: Netwerk24