’n Reuse-brand het vroeg Dinsdagoggend op die N2 naby die Sanriaweg-brug in Durban gewoed nadat ’n diesel- en ’n petroltenkwa in ’n ongeluk betrokke was, berig Netwerk24.

Die vlamme het teen om 06:30 na albei kante van die hoofweg versprei en die pad is vir verkeer gesluit. Voertuie is by die afritte van die M7-Suid en M1-Noord herlei.

Volgens Netwerk24 het brandstof het weens die ongeluk begin lek en aan die brand geslaan.

Twee mense is vir geringe beserings behandel.

LEES MEER HIER

Ook op Netwerk24:

Lianné Greyling stort hart uit ná vonnis

Deur wyer oop vir Morné Steyn