Paramedici het ’n ligte voertuig langs die pad aan die brand aangetref en nog twee voertuie daar naby gesien.

Die nooddiensgroep ER24 het by nadere ondersoek ’n vrou vasgekeer in die brandende motorwrak gekry.

Die brandweer het blitsig te werk gegaan om die vuur te blus, maar die bestuurder van die brandende voertuig het reeds aan haar veelvuldige beserings omgekom. Sy is op die toneel dood verklaar.

Volgens ’n ER24-verklaring is nog vyf pasiënte op die toneel aangetref. Vier van hulle het geringe tot matige beserings opgedoen, hoewel die vyfde pasiënt in ’n kritieke toestand is.

Die pasiënte is op die toneel behandel en die kritiek beseerde het gevorderde lewensondersteunende hulp gekry.

Die bestuurder van een van die ligte voertuie het glo beheer verloor, wat die trompop botsing met ’n aankomende voertuig veroorsaak het. ’n Derde bestuurder het daarna in dié twee voertuie vasgery.

Wetstoepassers was op die toneel vir nadere ondersoek.