’n Splinternuwe komedie-drama, Treknet, begin Maandagaand op kykNET.

Dié reeks is gegrond op ’n gelyknamige strokiesprent. Dit vertel die verhaal van twee vissersvriende. Boet Pieterse (gespeel deur Jody Abrahams) en John Smit (Leon Kruger) woon in ’n vissermanshuisie in Kalkbaai en vang elke dag vis.

Die res van die vissersgemeenskappie is vol vermaaklike karakters, soos Boet en John se nuuskierige bure, mnr. en mev. Williams (gespeel deur Ivan Abrahams en June van Merch), en die eienaars van die plaaslike viswinkel, Sannie en Annie (gespeel deur Erica Wessels en Lee-Ann van Rooi).

Volgens kykNET beloof Treknet om “kykers se lagspiere (te) prikkel en hul hart aan te raak, maar (dit sal) ook deurentyd herinner dat ’n eenvoudiger lewe nie altyd so eenvoudig is nie”.

Treknet begin Maandagaand 7 Oktober om 20:00 op kykNET (DSTV kanaal 144)

Kyk hier na ’n voorskou van die eerste episode: