large_quick_meals_4

Jou benodigdhede :

slaptjips

Verwyder die vel en grate van 750 g gaar witvis en vlok dit. Meng die vis, 250 ml (1 k) witbroodkrummels, 1 fyn gaar aartappel, 1 geklitste eier, 125 ml (½ k) gerasperde kaas, gekapte pietersielie (opsioneel) en sout na smaak. Laat 20 minute rus. Verhit ’n  bietjie olie in ’n pan. Bak lepels vol van die mengsel (of giet die mengsel in die koekiedrukkers – sien foto) tot gaar. Dreineer, geur met ’n bietjie suurlemoensap en sit voor saam met slaptjips.

Besoek Checkers vir nog heerlike resepte.