Dis die moontlik die heel mooiste uitdrukking vir wanneer jy geheel en al verstom of uit die veld geslaan is – en andersins waarskynlik sonder woorde sou wees.

Wat aanvanklik vir Lisa en 'n vriendin genaamd Annie as 'n heerlike uitstappie op 'n sonnige dag met die voëltjies wat sing en die bye wat gons begin het, het hulle eensklaps tot stilstand gedwing.

Die rede? Lisa het 'n allemintige klap deur die gesig gekry, en dit was nie van Annie afkomstig nie. Lisa vertel dat sy op daardie oomblik van twee goed bewus was: die klap en toe die reuk.

"Ek het aaklig geruik," vertel sy.

En dit was seer, want hierdie was nie sommer 'n ligte tikkie nie. Dit was 'n behoorlike klap deur die gesig. Want sien: Lisa is deur die gesig geslaap deur 'n dooie katvis...

Maar wag, voor jy dink hierdie is net een van daardie laataand-hengelstories waar die grote altyd wegkom, is hier 'n ware kinkel in die kabel. Dis weliswaar nie 'n bogstorie nie; die grote het in hierdie geval weliswaar uit die lug geval. En vir Lisa reg in haar gesig getref.

Sy het die snytjies op haar gesig, kneusplekke en 'n klem-in-die-kaakinspuiting wat dit bevestig.

Die enigste logiese rede vir die onverwagte "aanval" deur die katvis wat sowat 2,3 kg weeg, is dat dit in alle waarskynlikheid deur 'n voël opgepik is wat dit toe weer laat val het.

Lisa sê dit was 'n traumatiese ervaring, maar dat sy eindelik die komiese kant van die hele episode insien en net soos haar vriende, heerlik daaroor kan lag.

Bron: abc7ny.com