’n Man het vs-en-tjips-roomys geskep.

Shane Teare, wat die Teare Woods-roomyswinkel in die kusdorpie Whitby besit, het ’n groep roomysgeure geskep wat proe soos vis en tjips wanneer dit saam geëet word.

Dié unieke lekkerny bestaan uit ’n roomyshorinkie met een skep ment-ertjieroomys en een skep vis-roomys. Dit word dan in stukkies vis en beslag gerol, en ’n tjip pleks van ’n stukkie sjokolade word in die roomys gedruk.