[caption id="attachment_117885" align="alignnone" width="600"]Ivan en Donnalee by die Kaapse première vir Vir Altyd. Foto: Argief Ivan en Donnalee by die Kaapse première vir Vir Altyd. Foto: Argief[/caption]

Na slegs vier weke het die fliek, met Ivan Botha en Donnalee Roberts in die hoofrolle, reeds R13,4 miljoen verdien. Die vorige rekordhouers, Liefling en Pad na jou Hart, het in hulle totale tyd by die loket nie soveel verdien nie.

Kyk ook: Sterre skitter by Bolandse première van Vir Altyd

Pad na jou Hart het vir 11 weke by die loket gedraai en het R11,6 miljoen verdien. ’n Ander gunsteling Semi-Soet het R9,6 miljoen verdien.

“Dit is vir ons so ’n groot eer en voorreg om hierdie mylpaal te kon bereik,” vertel Ivan.

“Ons is onbeskryflik dankbaar vir elke persoon wat Vir Altyd gaan kyk het, die terugvoer is oorweldigend en ons waardeer dit oneindig baie!”

Lees ook: Anel Alexander-fliek vat Afrikaanse rolprente na nuwe hoogtes met ‘internasionale aantrekkingskrag’

Danie Bester, medevervaardiger, sê rekords is daar om gebreek te word.

“Wat ’n inspirasie om Liefling vir so lank te kon volg as ’n baken, wat ’n opwindende vooreg om ’n nuwe mylpaal te kan stel,” sê hy.

- Joshua Carstens