Die nuwe Afrikaanse romantiese komedie Vir Altyd het gehore tydens sy openingsnaweek omtrent in vervoering gehad.

[caption id="attachment_117292" align="alignnone" width="600"]Die sterre van Vir Altyd: Ivan Botha en Donnalee Roberts. Foto: Peet Mocke Die sterre van Vir Altyd: Ivan Botha en Donnalee Roberts. Foto: Peet Mocke[/caption]

Nagenoeg 90 000 mense het dié liefdesverhaal oor die afgelope Valentynsnaweek gekyk, en dit het meer as R4,7 miljoen laat inrol.

“Ons is oneindig dankbaar vir almal se ondersteuning en die wonderlike, positiewe terugvoer,” het Ivan Botha en Donnalee Roberts, skrywers, medevervaardigers en hoofspelers van die fliek, gesê.

Lees ook: Sterre skitter by Bolandse première van Vir Altyd

“Vir Altyd is ’n droom waaraan ons al vir twee jaar kliphard werk en dit was ’n voorreg om hierdie avontuur met julle te kan deel,” het dié twee vriende verder oor hul wegholsukses gekoer.

Ivan en Donnalee het twee jaar gelede ook sukses behaal met die uitreiking van hul eerste gesamentlike projek, die fliek Pad na Jou Hart, wat tydens sy openingsnaweek R3,1 miljoen verdien het.

Aanhangers was die afgelope tyd in vervoering oor Vir Altyd en die filmmakers is ekstaties oor die positiewe terugvoer wat hulle ontvang.

“Ek wil net vir al die Huisgenoot-lesers sê Vir Altyd is die mooiste Afrikaanse film wat ek nog gesien het,” het Mariska Bal op Huisgenoot se Facebook-blad geskryf.

“Dit het ’n warm gevoel gelos in ’n ou se hart en in jou hele wese. Want liefde is als, en liefde oorwin als.”

Mariska het verder ook die akteurs, wat Elize Cawood, Wilson Dunster, Illse Roos en Dirk Stoltz insluit, bedank dat hulle hul rolle “so goed vertolk het en jul skoene so eg vol gestaan het.”

Lees ook: Al kry hy nie Grammy nie, maak SA gospelsanger landgenote trots in VSA

Vir Altyd vertel die storie van Hugo (Ivan) en Nina (Donnalee) wat as beste vriende saam grootgeword het, maar kontak verloor weens ’n hartseer gebeurtenis wat hul albei se lewe verander. Tien jaar later ontmoet hulle weer kort voor Nina se troue, maar haar aanstaande los haar voor die kansel. Ná ’n aand van trane en te veel wyn, vertrek Nina en Hugo na Mauritius om die wittebrood te benut wat sy saam met haar voormalige aanstaande sou geniet het. Gehore was gaande oor die romanse tussen die twee karakters, en Mariska beaam dit beslis: “Dis die lekkerste Valentynsdag wat ek saam (met) my man kon geniet!” Ivan en Donnalee het ook oor die naweek tyd ingeruim om met aanhangers te gesels wat na winkelsentrums reg oor Suid-Afrika gestroom het om die fliek te kyk.

A photo posted by Edna (@ednaisaacs) on

Loer hier na die lokprent:

Lees ook op Huisgenoot.com:

Al die Grammy-wenners vir 2016

Leonardo DiCaprio en Maggie Smith se oulike soenkamera-oomblik

Kantoorchaos kom tot ’n einde danksy ‘slim’ stoele

Eend of konyn? Watter een jy sien, verklap baie oor jou