LEWER 1,5 LITER ROOMYS

Bereiding: 15 minute

Vriestyd: oornag

50 g donkersjokoladestukkies, gesmelt

500 ml (2 k) gekoopte vla

1 blik (360 g) karamelkondensmelk

500 ml (2 k) vars room, styf geklop

  1. Klits die sjokolade, vla en karamelkondensmelk saam tot glad.
  2. Vou die room by die vlamengsel in.
  3. Giet in ’n vriesbestande bak en vries tot ferm. Roer ’n paar keer tydens die vriesproses met ’n vurk.

WENK