Viskoekies en fyn ertjies

Maak gesonde viskoekies deur ’n goeie klompie groente by te voeg. Sit voor met fyngedrukte ertjies.

Bereiding: 15 minute

Staantyd: 30 minute

Gaarmaaktyd: 15-20 minute

Genoeg vir 6-8 porsies

Tunakoekies

  • 2 blikke (175 g elk) tuna, gedreineer
  • 6 stingeluie, fyn gekap (opsioneel)
  • 2 murgpampoentjies, gerasper
  • 125 ml (½ k) fyn aartappel
  • knippie sout
  • 1 eier, geklits
  • 60 ml (¼ k) koekmeel
  • olie vir vlakbraai (of bak)

Meng al die bestanddele buiten die olie in ’n groot mengbak. Verdeel die mengsel in gelyke dele en vorm klein koekies. Plaas ’n stuk waspapier op ’n skinkbord en pak die koekies op die waspapier. Laat staan in die yskas vir sowat 30 minute.

Verhit die olie in ’n pan (gebruik ’n kwas of stukkie kombuispapier en vee slegs die bodem met die olie). Braai die koekies sowat 10-15 minute aan albei kante tot gaar en bros. Versier die koekies met mayonnaise-gesiggies en sit voor saam met fyn ertjies en suurlemoenwiggies.

Fyn ertjies

  • 250 g ertjies
  • 60 ml (¼ k) jogurt
  • 15 ml (1 e) olyfolie
  • 10 ml (2 t) suurlemoensap
  • 2 ml (½ t) neutmuskaat
  • Mayonnaise en ekstra suurlemoenwiggies

Stoom die ertjies sowat 1 minuut en roer die jogurt, olyfolie, suurlemoensap en neut by. Druk alles fyn met ’n vurk en hou eenkant.