’n Splinternuwe sitkom wat ’n nuwe lus by jou sal opkikker vir jou kombuis en die kookpotte, verskyn binnekort op die kassie.

kykNET se nuwe reeks Vinkel en Koljander het die regte resep vir heerlike vermaak – dinge raak warm wanneer twee vroue met uiteenlopende persoonlikhede en verskillende geloofsoortuigings ’n kombuis moet deel om hul voorliefde vir kosmaak uit te leef.

Die sitkom draai om die daaglikse doen en late van die Solomons-gesin van Harfield Village, Claremont.

Die hoofkarakters, Cheryl en Neesha Solomons, word vertolk deur Quanita Adams, wat ook skepper en hoofskrywer van die reeks is, en Celeste Matthews.

Lees ook: Kyk hoe ‘grênd’ is Getroud met Rugby se nuwe stel

Dié twee is Vinkel en Koljander, maar die een is in dié geval dikwels nie soos die ander.

Cheryl is Neesha se skoondogter en hulle sit glad nie langs dieselfde vuur nie.

Cheryl is ’n geesdriftige sjef en vasbeslote om haar spysenieringsmaatskappy wat tydens die resessie tot niet gegaan het, weer op die been te bring. Sy is ’n regte foodie; uiters kreatief en passievol.

Neesha, self ’n bobaas-kok, is bekend in die gemeenskap vir haar tradisionele Kaaps-Maleise kookkuns.

Lees ook: Getroud met Rugby binnekort daagliks op die kassie te sien

Sy’t ’n mededingende verhouding met Cheryl en sy vind nie aanklank by haar kookstyl nie.

Hulle woon in dieselfde huis en die twee vroue moet noodgedwonge ’n kombuis deel. Dit het rampspoedige gevolge.

Die sitkom van 13 episodes het ook ander talentvolle akteurs soos Margot Luyt, Tarryn Wyngaard, Louw Venter, Grant Powell en Pascual Wakefield.

[caption id="attachment_121659" align="alignnone" width="600"]Publisiteitsfoto’s geneem deur Robert Hamblin. Publisiteitsfoto’s geneem deur Robert Hamblin.[/caption]

[caption id="attachment_121661" align="alignnone" width="600"]Publisiteitsfoto’s geneem deur Robert Hamblin. Publisiteitsfoto’s geneem deur Robert Hamblin.[/caption]

Maak seker jy mis nie die eerste episode van Vinkel en Koljander op 11 April om 20:30 op kykNET nie.

Ander stories op Huisgenoot.com:

Waar kom Gekkedag vandaan? Is jy deur dié slimstreke uitgevang?

Kyk: Danspassies van knapie in kruisbande bekoor

SA baba met ‘lekhart’ ontroer mense wêreldwyd

Monaco se koninklike babas leer glo vier tale, Afrikaans inkluis