Vin Diesel het sy babadogtertjie se naam Maandag tydens ’n verskyning op The Today Show bekendgemaak – Pauline, na sy goeie vriend Paul Walker vernoem.

“Daar was geen ander persoon wat ek aan gedink het terwyl ek die naelstring gesny het nie. Ek weet hy was daar,” het die The Fast and Furious akteur aan die gasheer, Natalie Morales gesê.

Sy mede-ster het in ’n motorongeluk in November 2013 gesterf, wat die nuutste deel van The Fast and Furious films onvoltooid laat.

“Ek het net gevoel dat ek op hierdie manier sy nagedagtenis deel van my familie en my wêreld kan hou”, het hy van sy goeie vriend gesê.

Vin en sy lewensmaat Paloma Jiminez het die geboorte van klein Pauline op 16 Maart aangekondig.

Bronne: cosmopolitan.com, instyle.com, Cover