Vin Diesel en sy maters op die stel van Fast & Furious het Maandag (30 November 2015), met die tweede hedenking van die akteur se sterfdag, hulde gebring aan wyle Paul Walker. Die akteur het gesterf toe die sportmotor waarin hy 'n passasier was, 'n lamppaal in Santa Clarita, Kalifornië, getref en aan die brand geslaan het.

"Jy sal altyd my broer wees"

Paul se medesterre in die megatreffer-franchise het  twee jaar later die sosiale media ingespan om hul vriend in herinnering te roep. Vin het die eerbetuigings gelei in 'n aandoenlike plasing op sy Facebook-bladsy.

"Waar jy jou ookal in hierdie heelal bevind, jy sal altyd my broer wees,” het hy geskryf. Vin het ook 'n foto op Instagram gedeel waar hy langs sy oorlede vriend sit, met die woorde “Broederskap het geen perke nie” bó die foto. Jordana Brewster, wat die rol van Paul se geliefde op die skerm vertolk het, het ook 'n  foto van die akteur op Instagram geplaas, met 'n aanhaling van die skrywer Ralph Waldo Emerson daarby.

“Dit is nog steeds nie maklik nie …"

"Die grootste deel van sy krag was verborge,” het sy geskryf. "Dit is die ding wat ons Karakter noem, 'n teruggehoue krag wat direk deur teenwoordigheid werk, en sonder enige middele. #paulwalkerforever."

Tyrese Gibson het ook op Instagram geskryf:  “Dit is nog steeds nie maklik nie … vandag 2 jaar gelede ... het ons ons broer verloor ... vandag gaan ek my net eenkant hou en dinge verwerk.  Helderheid deur gebede en perspektief is die dinge wat ek altyd soek en waarvoor ek bid.

"Ek plaas hierdie stukkie met 'n  swaar hart … hou asseblief aan met bid vir die Walker-gesin en sy ware vriende wat elke liewe dag by hom was ... hulle is van die beste en sterkste mense wat ek ken ... ek weet jy is in die hemel, besig om vir ons almal propaganda te maak.“

Die tweede herdenking van Walker se dood kom slegs 'n paar dae nadat die akteur se pa 'n saak van onregmatige dood teen die base van Porsche aanhangig gemaak het, waarin hy beweer dat onvoldoende veiligheidstoerusting in die motor waarin Paul 'n passassier was, sy dood veroorsaak het en nie die ongeluk self nie.

© Cover Media