Dit klink asof die 2017 Bilboard Latynse musiektoekennings later vandeesmaand die spiertier se sangtalent gaan ontgin.

Van sy aanhangers het verlede jaar tydens die People's Choice-toekennings ’n kort voorsmakie van Vin se sang gehoor toe hy hulde aan sy oorlede mede-ster, Paul Walker, gebring het.

Vin werk glo saam met DJ Steve Aoki en hy het die man met sy talent beïndruk. “Dit waarmee Vin na vore gekom het, is iets wat ek nog nooit vantevore ervaar het nie,” het Steve gesê. Groot lof inderdaad komende van een van die bes-betaalde platejoggies in die wêreld.

Made magic, Blessed. All love...

A post shared by Vin Diesel (@vindiesel) on

Vin het onlangs sanger/liedjieskrywer Nicky, sy medester in xXx: Return of Xander Cage, bedank vir die hupstoot wat hy Vin se selfvertroue met dié nuwe projek gegegee het. Hy het onthul dat hy studio-sessies met nog ’n dansster, Kygo, agter die rug het.

“Niemand het my meer gemaklik laat voel voor die eintlike opname as my broer @nickyjampr nie. Hy het ’n briljante benadering deur te sê kom ons geniet dit, en as ons gelukkig is, maak ons iets betowerend,” het hy op Instagram geskryf. Vin (49) het met Kygo, ’n Noorweegse platejoggie, kragte saamgesnoer vir hul verwerking van Selena Gomez se It Ain't Me. Die Fast & Furious-ster het erken dat hy homself buite sy gemaksone bevind maar vra sy ondersteuners om hom te laat weet hoe hulle oor sy nuwe “rol” voel.

“Dankie @kygomusic vir die vervaardiging van hierdie 2017 treffer! Dankie dat jy genoeg in my geglo het om my te vra om te sing.”

Hy het ook vir Selena Gomez geloof vir haar “pragtige, betowerende stem” en gesê hy het haar voorbeeld gevolg toe hy die ateljee binngegaan het.

© Cover Media