Vin het hom op sy werk toegespits en gefokus op sy vertolking van Groot, sy karakter in die animasiefliek, en het dit as genesend ervaar.

Tydens ’n Facebook-vraagsessie Maandag het hy gesê: “Dit was baie persoonlik – dit was die maand nadat my broer Paul Walker verongeluk het en dit was my eerste werk ná die ongeluk.

“Al was dit ’n uitdaging, was dit genesend net om weer te begin werk, veral as Groot. Die karakter het ’n onskuldigheid gehad wat verfrissend was. Dit sou dalk onder ander omstandighede moeiliker gewees het, maar op daardie tydstip was dit baie genesend.”

Paul, wat al meer as ’n dekade saam met Vin in die Fast and Furious-flieks gespeel het, is op 30 November oorlede. Die akteur en sy vriend Roger Rodas is op 30 November in Santa Clarita, Kalifornië, dood toe Roger beheer verloor het oor die Porsche Carrera GT waarin hulle gery het. Die motor het ’n boom getref en in vlamme uitgebars.

Ondersoekbeamptes het beslis oormatige spoed het die ongeluk veroorsaak, aangesien daar geen bewyse van meganiese foute gevind is nie.

Kyk die voorprent van Guardians of the Galaxy hier: