Dit was vir hom ’n geweldige slag toe Paul Walker, die 48-jarige ster se kollega en goeie vriend, op 30 November 2013 in 'n motorongeluk omgekom het.

Dié twee het saam baie rolprente die lig laat sien, soos byvoorbeeld suksesvolle straatrenfranchise, The Fast and the Furious, wat in 2001 vir die eerste keer vrygestel is.

Ná Paul se dood het Vin begin om sy nuwe rolprent, The Last Witch Hunter, te verfilm en hy bestempel dit as 'n groot helingsproses vir hom.

"Die dood was verlede jaar 'n enorme tema,” het Vin aan The Associated Press gesê. “Daar was iets terapeuties aan die vertolking van hierdie rol ná dit (Paul se dood) wat ek moes verwerk."

In die komende rolprent vertolk Vin die rol van die onsterflike karakter Kaulder, 'n heksejagter, wat poog om die stad New York van 'n bonatuurlike plaag te red.

Die storielyn van The Last Witch Hunter is vreemd genoeg ’n spieëlbeeld van dit wat hy deurgemaak het toe hy die verlies van Paul moes verwerk.

"Die gedagte dat ’n onsterflike persoon so melankolies kon wees ... 2014 was in sommige opsigte - in baie opsigte - 'n rowwe jaar vir my," het Vin in 'n gesmoorde stem gesê.

“Deur 'n karakter te vertolk wat sy verdriet, sy verlies, wegsteek, was baie gepas want dit was presies wat ek in die werklike lewe gedoen het net ná Furious 7." Paul het gesterf terwyl die verfilming van die 2015-rolprent Furious 7 aan die gang was.

Furious 8 word nou beplan dalk met Vin as regisseur

Furious 8 word nou beplan en daar is sprake dat Vin die regisseur van die rolprent sal wees.

Vin het volgehou dat dit onwaarskynlik is dat hy die regie van Furious 8 gaan behartig, maar die ster sal sorg dat Paul vereer word indien hy wel die regisseur van die rolprent sou wees.

"My ma wil hê dat ek môre moet begin met die regie. Ek sê, ‘Ma, die regie van 'n rolprent neem ongeveer 'n jaar van 'n mens se lewe in beslag. Daar is so baie ander rolprente wat ek nog moet maak’," het Vin gedeel.

“Paul het gesê, ‘Jy weet, (Furious) kan gebombardeer word en (Furious) 8 is reeds gewaarborg.’ As iemand wat vir jou soos 'n broer was, 'n belofte maak, voel jy geneë om dit gestand te doen.”

© Cover Media