Paul was ’n passassier in ’n Porsche met sy vriend Roger Rodas – wat ook in die ongeluk gesterf het – agter die stuur toe dit ’n paal getref en in vlamme uitgebars het in November 2013. Hy was 40 jaar oud.

Die verfilming van Furious 7, wat in 2015 uitgereik is, was nog nie klaar ten tyde van Paul se dood nie, en sy broers, Cody en Caleb Walker, het sy karakter, Brian, se oorblywende tonele geskiet.

En nou is daar begin met verfilming aan die agtste aflewering in die aksiereeks, Fast 8, en sy medester en hegte vriend het op sosiale media aan hom hulde gebring. Lees ook: Miljoene dollars word na skikking aan Paul Walker se dogter toegeken Vin het Saterdag ’n foto op Instagram gedeel waar hulle breed glimlag en geskryf Paul sou trots wees op wat die akteurs en rolprentspan met die nuwe fliek probeer bereik.

“Baie van die spanlede het aan van die vorige Fast-flieks is weer hier om ons te help om iets spesiaals te maak. Een van hulle het teen die einde van die week na my toe gekom en gesê dit was ons in die fliek doen, is uitstekend. En toe vir my gekyk en gesê Paul sou trots gewees het. #wemakethemwithourhearts,” het die 48-jarige aksiester geskryf.

Vin, wat sy rol as Dominic Toretto in die nuwe fliek hervat, het vroeër die week laat val dat hy in ’n donker plek is. In ’n video op Instagram wat hy Donderdag gedeel het, het hy vertel hy gebruik sy oefensessies in die gim om weg te kom van die emosies wat hy as die karakter beleef het.

Lees ook: Porsche-base meen Paul Walker se dood was deels sy eie skuld

“Toe ek begin skiet aan Fast 8 het ek geweet dit sou ’n donkerder pad wees,” sê hy in die video terwyl hy alleen in ’n gim sit. “Dis ongelooflik hoe, ongeag hoe suksesvol jy is, jy ’n donker plek moet betree om ’n karakter te word. Ek is so dankbaar ek het hierdie gim om heen te ontsnap en my emosies te balanseer sodat ek doeltreffend kan wees maar nie die pyn saam met my dra nie.”

Tyrese Gibson, Ludacris, Dwayne "The Rock" Johnson en Michelle Rodriguez ker almal terug vir Fast 8 en die nuwe gesigte is Scott Eastwood en Charlize Theron, wat ’n skurk in die fliek speel.

Fast 8 word in April 2017 uitgereik.

© Cover Media

Lees ook op Huisgenoot.com:

Adele kap dit behoortlik uit in haar jongste musiekvideo

‘Reuse en liggaamlik intimiderende’ man verloor kop in drukverkeer en rand polisie aan

‘Ek is klaar met seuns!’: Tiener deel haar skreeusnaakse dagboek van toe sy sewe was

Dis winter, dit is hoe jy seker maak jou geiser trotseer die koue

Is dit dalk die uitspattigste en vreemdste pizzas ter wêreld?

En die 1ste wenner van The Voice SA is . . .